Allemintige R7000 beloning vir die een wat Dozer aan sy gesin kan terugbesorg
"In sy agt maande leeftyd het Dozer vinnig deel geword van ons gesin".
Dozer, ‘n jong Pit-bull, het Vrydag omstreeks 16:00 uit sy baas Christo Janse van Rensburg se erf in Brugstraat naby die Middelburg Observer kantore verdwyn.
Mnr. Janse van Rensburg is uiters desperaat om Dozer terug te vind, en het aanvanklik ‘n beloning van R2000 uitgeloof.
Teen Saterdagmore het die beloning geklim na R5000 en soos mnr. Janse van Rensburg se familie geld by mekaar geskraap het, is die beloning verhoog na R7000 kontant in die hand van die persoon wat Dozer aan hom kan terugbesorg.
Daar word vermoed dat Dozer dalk gesteel is.
“In sy agt maande leeftyd het Dozer vinnig deel geword van ons gesin”.
Enige iemand met inligting kan hulle skakel by 078 010 1280 of 083 417 1707.
