eMalahleni man koop motorfiets in Middelburg en verdwyn, soektog van stapel gestuur
Hy het sy Toyota Yaris by Bike City gelos en is weg met die motorfiets.
‘n Man van eMalahleni is Vrydag laas in sy tuisdorp gesien nadat hy ‘n nuwe motorfiets in Middelburg kom koop het.
Daar word tans gesoek na mnr. Anthony Gregory Newton (41) wat Donderdag, 7 April, ‘n nuwe motorfiets by Bike City in Middelburg gekoop het.
Hy het versoek dat die motofiets by hom afgelewer word maar het Vrydag besluit om self die motorfiets te kom haal.
Hy het sy Toyota Yaris by Bike City gelos en is weg met die motorfiets.
Hy het sy vrou laat weet dat hy omstreeks 12:00 Vrydag tuis sou wees, maar het nooit opgedaag nie.
Mike Bolhuis en sy ondersoekspan is ook by die soektog betrek.
Indien enige iemand weet waar mnr. Newton is kan hulle die volgende nommers skakel: 071 834 8509 of 079 499 9519.
