Waar is dorp se seekoeie heen?
Die dorp se seekoeie is Vrydag laas gesien en riemtelegramme loop die rondte dat hulle gevlug het weens die sterk rivierstroom omdat die Middelburgdam se sluise oopgemaak is.
Donderdag is hulle in ’n diep gat tussen bosse naby Eastdene gesien en Vrydag het ’n bejaarde man gesê dat hy hulle naby die bruggie by Botshabelo gesien het.
Mnr. Ertjies Röhm (Wildbestuur, Mpumalanga Toerisme en Parke Agentskap) het bevestig dat hulle Vrydag laas enige inligting gekry het rakende die seekoeie.
Hulle was verlede week in Middelburg en is van plan om die seekoeie te vang en te hervestig. Die seekoeie moet egter in ’n area wees waar dit veilig vir mens en dier is om hulle te vang.
Alhoewel beide mnr. Bernard van der Berg (voorsitter, Dierebeskermingsvereniging komitee) en Mid Alarms se beheerkamer nommers op www.mobserver.co.za gepubliseer is, het hulle nog nie weer nuwe inligting gekry nie.
Mnr. Röhm sê dat die opening van die sluise beslis ’n invloed op die seekoeie sou hê en dat daar selfs kommer bestaan dat die kalfie van die koei en bul geskei is.
Seekoeie sal egter uit die rivier uit klim as die stroom se sterk is.
• Daar word weereens gevra dat persone wat die seekoeie sien, om die beheerkamer van Mid Alarms te bel by 013 243 5004 of mnr. Van der Berg by 082 769 0227.
• Die MTPA waarsku ook weer dat mense nie naby die seekoeie moet gaan nie.
