News

Jaagtog eindig in Beyers Naudéstraat

’n Jaagtog wat geëindig het op die hoeke van Beyers Naude- en Meyerstraat, waar ’n man voor die oë van talle mense gearresteer is, het verskeie inwoners aan die gis.

Daar is ’n foto van die wit voertuig op groepe geplaas en die volgende oomblik is almal bedank en ingelig dat die voertuig en die persoon vasgetrek is.

• Www.mobserver.co.za verneem dat die persoon wat gearresteer is, verbind is met ’n voorval waar twee vroue na bewering met ’n wapen aangehou is. ’n Vrou het die noodgroepe gebel en ingelig waar die voertuig ry en waar hy stop.

Die wit Volkswagen Polo is voorgekeer op die hoeke van Beyers Naude- en Meyerstraat.

Die polisie en gemeenskapspolisiëringslede het hom daarna vasgetrek,by die verkeerslig op die hoeke van Beyers Naude- en Meyerstraat.

Die verdagte het op die toneel gesê dat hy ’n polisiebeampte van ’n ander dorp is.

• Die polisie het hom weggeneem vir ondervraging by die Middelburg Polisiestasie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button