Rooies gelykop teen Kempies
HTS Middelburg het op 9 April teen Kempton Park deelgeneem en die uitslae is as volg:
• Rugby:
o/14 B 5-31, o/14 A 0-31. o/15 B 26-5, o/15 A 0-6. o/16 B 0-19, o/16 A 6-26.
Die derde span wen 35-0, die tweede span wen 31-17 en die eerste span speel 12-12 gelykop.
Gedurende die vakansie het die volgende atlete en spanne ook puik presteer in die vakansie toernooi:

• Atletiek:
Rinkhals Smit – sesde in diskus o.19 SA-Skole.
Logan Nienaber – negende in diskus vir o.17 SA-Skole en vyfde in ASA.
Jordan Goldswain – o.17 Seuns 100m 11de en silwer in die SA-Skole aflos.
Fabiola Zacka – o.17 sewende in 100m hekkies vir SA-Skole.
WJ Frazer – o.17 sesde in 400m, sewende in 400m hekkies SA-Skole en vyfde in 400m hekkies ASA.
Lika Olivier – o.17 vierde in 800m SA-Skole en vyfde ASA.
Chris-Mari Bezuidenhoudt – o.15 dogters gewigstoot.
Wian Geldenhuys – o.17 silwer in 400m ASA.
Mienke Booysen – o.19 brons in 200m SA-Skole en silwer in 400m ASA.
Vené Esterhuize – o.15 brons 200m, brons 400m ASA, brons vir aflos, brons vir 200m SA-Skole en goud vir 400m SA-Skole.
• Rugby:
Eerste, tweede en o.15 rugbyspanne was by Hansie week in Naboomspruit.
Die eerste span wen twee uit hulle drie wedstryde. Die o.15 span is gekroon as die toernooiwenners.
Drian Els o.15 is in die Hansie-span opgeneem.
Jonathan Durheim, Kutloano Seabela en Dawid du Buson word opgeneem in die o.19 Hansie-span.
Die tweede span wen ook twee van hulle drie wedstryde.
Die o.14 en o.16 rugbyspanne toer na Durban.
Die o.14’s val vas teen drie baie sterk spanne Marnitzburg Kollege, terwyl die o.16’s twee goeie oorwinnings behaal.

• Hokkie:
HTS se hokkie spanne het aan toernooie deelgeneem tussen Pretoria, Nelspruit en Volksrust.
Die eerste dogterspan eindig sesde met drie oorwinnings en een gelykop uitslag.
Die eerste seunspan eindig vyfde met drie oorwinnings.
o.16 seunspan eindig vierde met een wen en twee gelykop uitslae.
Die o.14 seunspan het aan ’n toernooi in Nelspruit gaan deelneem en twee oorwinnings en een gelykop behaal.
Die o.14 dogterspan behaal vier oorwinnings en twee gelykop uitslae in Volksrust.
Die o.15 dogterspan het ses wenne en een gelykop uitslag behaal.
•Netbal:
Die o.14B eindig vierde en o.14C eindig 10de
Die o.15B eindig tweede.
Die o.16B en die tweede span is beide toernooiwenners!
O.14A eindig 18de, o.15A behaal vyf oorwinnings en eindig algeheel 10de, o.16A behaal vyf oorwinnings en eindig algeheel sewende.
Die o.17A eindig algeheel 13de met twee goeie oorwinnings.
Die o.19A eindig algeheel 13de met vier uitstekende oorwinnings.

