News

Bruisende massa spoel oor Loskopdamwal

Met beide die Middelburg- en Witbankdam se sluise wat oop is, bruis die water in massas oor Loskopdamwal.

Verskeie mense het reeds foto’s en video’s gestuur van Loskopdam wat oorloop.

André Booyens het ’n besondere video gestuur waar die mis sommer so staan met die reuse waterval oor die wal.

Daar was ook interessante foto’s soos die foto wat Sheila Richards geneem het van die die stootskraper wat gister oor die laagwaterbruggie gery het, terwyl die Klein Olifantsrivier vol in vloed was.

Die stootskraper wat gistermiddag oor die laagwaterbruggie by die Klein Olifantsrivier gery het terwyl die rivier vol in vloed was.

Sy en haar dogter, Anthea Maré, het gaan kyk hoe die water oor die brug spoel en die stootskraper sien aankom.

“Ons het vir hom beduie dat ons bly is hy is veilig oor, waarna hy vir ons duim in die lug dankie gesê het,” sê Anthea.

Sheila en Anthea het ook die foto van die rivier wat oor die laagwaterbruggie spoel, geneem.

• Die Middelburgdam se sluis is die afgelope twee weke reeds drie keer oopgemaak. Sondag is een van die sluise oopgemaak en die sluis is steeds oop. Dit is die rede hoekom die Klein Olifants vol in vloed is.

• Damopsigter David Nonyana sê die vlak het vanoggend steeds op 95.48% gestaan, maar dat die sluis oop bly, omdat die inloop nog hoog is. Hy het nie ’n aanduiding gegee wanneer die sluis toegemaak gaan word nie.

• Wimpie van Zyl vertel dat hy vroeg vanoggend op die N4 gery het. Terwyl hy oor die brug tussen Middelburg en eMalahleni gery het, het hy opgemerk hoe sterk die Olifantsrivier loop en vinnig met sy selfoon ’n foto of twee geneem.

• Die weerburo het nog reën vir die naweek voorspel.

Wimpie van Zyl het vanoggend die foto geneem van die Olifantsrivier in vloed toe hy oor die brug gery het tussen Middelburg en eMalahleni.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button