News

Harry Knoesen na Pase op verhoor vir terrorisme, hoogverraad

Die hoogverraad en terrorisme verhoor teen voormalige raadslid en pastoor, Harry Knoesen, is vandag vlugtig hervat en uitgestel na eerskomende Dinsdag vir konsultasie met sy nuwe regsverteenwoordiger, advokaat Musa Mavasa.

’n Reuse dossier is gister deur die staat aan Mavasa oorhandig, nadat mnr. Knoesen Maandag tot regshulp ingestem het, twee jaar en vyf maande na sy arrestasie. Mnr. Knoesen het ook sy borgaansoek hanteer.

Hy het Maandag eindelaaste regshulp aanvaar nadat regter Thandoluhle Mankge by hom gepleit het, om sy eie verdediging op die vyf klagtes teen hom, te heroorweeg.

Advokaat Mavasa het vir uitstel tot Dinsdag gevra sodat hy deur die dik dossier kan werk.

Regter Mankge, wat weens onluste op die N4 naby Donkerhoek eers na 10:00 by die hof opgedaag het, het ingestem.
Knoesen se pleit op die klagtes teen hom, word teen Woensdag verwag.

Die verrigtinge moes noodgedwonge geskuif word na die siviele hof, waar ’n kragopwekker aangesit is.

Spesiale toestemming moes verkry word by die polisie vir die skuif van mnr. Knoesen omdat die siviele hof nie deur die SAPD beman word nie.
Hy is eindelaaste per voertuig na die hof deur ondersoekbeampte, kaptein Jaco Koekemoer, vervoer.

Die staat het aangevoer dat daar Dinsdag ’n formele aansoek gebring sal word vir die skuif van mnr. Knoesen van Witbank Gevangenis na Middelburg vir die duur van die verhoor, wat vir drie weke op die hofrol is.

Mnr. Knoesen het reeds tydens Maandag se verskyning aangedui dat hy nie sal instem tot die skuif nie, omdat hy homself gemaklik ingerig het op Witbank.

Hy het aan www.mobserver.co.za gesê dat hy eers onlangs gewoond geraak het aan isolasie in die tronk waar hy daagliks net een uur se oefening toegelaat word.

“Ek wil bitter graag gaan visvang,” het mnr. Knoesen gesê, en bygelas “ek gaan die saak wen, daarvan is ek oortuig”.

Mnr. Knoesen hou vol dat indien daar nie aan sy vereistes voldoen word, onder andere dat hyself die getuies kan ondervra, hy nie sal huiwer om advokaat Mavasa in die pad te steek nie.

Hy het egter gesê hy het vertroue in advokaat Mavasa “wat oop en eerlik praat en ’n mooi gesig het”.

Knoesen staan onder andere tereg op klagtes van terrorisme.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button