News

Drie gebruik vervalste R200 note by seepwinkel

Twee mans en ’n vrou het verlede week vervalste R200 note gebruik om vir artikels te betaal by die Soap-A-Licious seepwinkel in die Tosca sentrum (Kanonkop, Middelburg).

Me. Elna Lewis sê daar het eers ’n man ingekom wat iets gekoop het en R200 gegee het vir ’n artikel wat R20 kos. Sy het vir hom sy R180 kleingeld gegee.

Net ’n klein rukkie later het ’n vrou ingekom. Me. Lewis onthou sy het Pinegel gekoop vir R160 en het haar R40 kleingeld gekry.

’n Derde man het na haar ingekom en aankope gedoen vir net onder R20, waarvoor sy ook R180 kleingeld moes gee.Nadat hy weg is, het sy baie ongemaklik gevoel en dadelik die R200-rande waarmee die drie betaal het, onder die ligmasjientjie gesit.

“Daar was net een R200 in die kasregister voor hulle daar aangekom het. So aldrie die R200’e waarmee hulle betaal het en bo-op hom gelê het, was vervals.”

Me. Lewis sê die vervalsing is baie goed gedoen en dat sy nie dadelik onraad vermoed het nie. Eers onder die ligmasjien kon ’n mens sien die R200-note is vervals.

Sy het gevra dat www.mobserver.co.za ’n berig doen om ander besigheidslui in Middelburg te waarsku.

• Die mans en vrou is met haar CCTV videokameras afgeneem en sy het foto’s van die beeldmateriaal gegee om gepubliseer te word.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button