Tienerkampe is lewensveranderend
Daar word vanaf 29 April-1 Mei weer ’n tienerkamp deur Woord in Aksie aangebied.

Volgens Marcél de Villiers is hierdie kampe ’n lewensveranderende ervaring.
“Tieners word gehelp om los te kom van seer en verwerping, depressie en verslawing (nie net dwelmverslawing nie) en selfmoordneigings en soveel pyn en hartseer wat tieners ervaar.”
Hulle word bygestaan met verhoudings, soos ’n swak verhouding met ’n pa of waar hulle dalk sukkel om dié te vergewe wat hulle te na gekom het.
“Die hoofdoel van die kamp is egter dat kinders Jesus ontmoet en wéét waar hul die ewigheid gaan deurbring. Hulle ontvang die vrede wat alle verstand te bowe gaan!”
Persone wat tieners wil borg, teen R450 per tiener vir die hele naweek (etes ingesluit), kan Marcél bel by 082 4482 556.
Om te registreer vir ’n kamp, gaan na www.wia.org.za.
Die kampe word by Kameeldrift gehou en daar kan moontlik vervoer gereël word.
• Meer inligting is op die Middelburg4Jesus Facebookblad of by die skole se jeugwerkers beskikbaar.
• Seuns en dogters bly in aparte geboue.
