News
Geen mense in voertuig wat uit rivier gehaal word
Die voertuig wat in die Klein Olifantsrivier was, is pas met samewerking van verskillende insleepdienste en die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) uit die rivier gehaal.

Daar is aanvanklik vermoed dat daar moontlik mense in die voertuig, ‘n Dodge Caliber, kon wees en was daar die hele tyd polisielede op die toneel.
Nadat die kar uitgesleep is, is dit deursoek, maar daar was geen insittendes nie.

Die polisie het die registrasienommer geneem en is besig met hul ondersoek om te bepaal of die eienaar van die voertuig moontlik kon verdrink het of veilig is.




Druk op skakel:
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
