News

Inwoner bekommerd oor water wat deursyfer vanaf ‘n oorvol Krugerdam

Cobus Fourie is uiters bekommerd oor 'n dik stroom water wat vanaf 'n oorvol Krugerdam in Aerorand deur die wal deursyfer in die veld in.

“Daar is nie tyd om te wag tot more nie. Hulle wil more eers ‘n vergadering hou om te bepaal of daar rede is vir kommer. Maar wat gebeur as daardie gat in die wal groter word en die damwal breek? Wie gaan dan verantwoordelikheid neem as mense seerkry of daar skade is?”

Hy het vanoggend op die wal gaan stap en gesien dat daar water deursyfer.

Met die joernalis se aankoms het hy gemeld dat die stroom water wat deursyfer baie meer is as vanoggend.

Verteenwoordigers van die Steve Tshwete Munisipaliteit was saam met mnr. Fourie op die wal om te bepaal of daar regtig rede tot kommer is.

Die joernalis het gehoor hoe die een verteenwoordiger meld van ‘n vergadering more.

‘n Hawelose het daar aangekom en gesê dat hy gereeld tussen die bosse by die wal slaap en dat die water altyd daar deursyfer as die dam baie vol is.

Mnr. Fourie sê egter dis nonsens, want hy loop daagliks op die wal en maak skoon in die omgewing. Dit is die eerste keer dat hy die water sien deursyfer.

Hy het genoem dat daar vroeër jare drie oorlope was by Krugerdam. By die een oorloop is daar intussen ‘n muur gebou met pype en siwwe.

“Daar hoop gemors in die siwwe op en die pype wat gebou is, laat nie genoeg water deur nie. Ek is baie bekommerd. Ek het al self vorige kere daardie siwwe gaan skoonmaak.”

Terwyl daar geloop is na die area waar die water deursyfer, het mnr. Fourie gewys waar ‘n boom staan wat “in my 38 jaar wat ek hier bly, nog nooit in die water gestaan het nie.”

Cobus staan op die wal langs die boom wat in die water staan, omdat Krugerdam so vol is.

Die area waar die riete is, se water loop ook byna gelyk met die wal.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button