Harry Knoesen terrorisme verhoor skop af met eerste staatsgetuie wat geroep word
Die hoogverraad en terrorisme verhoor van voormalige raadslid en pastoor. Harry Knoesen, het Woensdag eindelaaste afgeskop met kolonel Danie Hall wat by die getuiebank ingeskuif het.
Kolonel Hall, van die Valke, het getuig oor die gebeure die dag van 28 November 2019, toe Knoesen gearresteer en sy huis deursoek is.
Kolonel Hall se getuienis is voorafgegaan met Knoesen se pleit op die vyf klagtes teen hom. Op die eerste drie klagtes met betrekking tot terrorisme, het hy onskuldig gepleit.
Hy het die staat verstom deur skuldig te pleit op klagtes vier en vyf vir die besit van ‘n onwettige wapen en ammunisie.
Kolonel Hall se getuienis het hoofsaaklik rondom die beslaglegging van die onwettige Baby Browning rewolwer en verskeie rondtes ammunisie, vir onder meer jaggewere, gehandel.
Kolonel Hall se getuienis is op een stadium deur ‘n bulderende Knoesen onderbreek met “hy lieg, hy lieg!” toe kolonel Hall getuig het dat hy tydens die deursoeking van sy huis, vir hom gesê het “ek doen dit vir julle, ek doen dit vir julle!”.
Die saak word vandag voortgesit.
