News

Knoesen wou “Generaal” van Boerelegioen “uithaal”

Die bui in die hooggeregshof waar Harry Knoesen op hoogverraad en terrorismeklagtes verhoor word, het vandag ’n donkerder toon in die beskuldigdebank geneem met die verdere uitsending van inkriminerende videos en klankgrepe.

Donderdag is tien van die videos wat deur Knoesen op sosialemedia platforms gelaai is, in die hof uitgesaai.

Vandag se verrigtinge het met die twee laaste videos begin, waarna daar oorgeskakel is na klankgrepe wat onder meer op WhatsApp tussen Knoesen en sy volgelinge gestuur is.

Beide vandag se video en klankgrepe het ’n tasbare skuif in Knoesen en sy Crusaders se tweejaar lange openbare propaganda-veldtog vir ’n staatsgreep en volksmoord op swart landsgenote ingelui, met skielike boodskappe van arrestasies, klopjagte en voorstelle dat die “Crusaders leierskap ondergronds vlug”.

In een van die klangrepe klink Knoesen bekommerd en vra of hy “nie twee van die videos moet verwyder nie, omdat dit baie slegte gevolge sou hê as dit ontdek word”.

In ’n voorafgaande video vaar hy skielik uit teen verraaiers – “slegte wit velle” – nadat daar te hore gekom is van ander verregse groepe wat Knoesen glo by die polisie gaan verkla het.

“Generaal” Izak van Zyl van die Boerelegioen is onder meer as een van die verraaiers deur Knoesen uitgekryt.

In ’n daaropvolgende klankgreep vra Knoesen dat “Van Zyl en alles waarvoor hy lief is, uitgehaal word”.
Hy het ook in ’n video getiteld, “Jy is gewaarsku,” gedreig dat Crusader-magte ander verregse leiers en hul gesinne sal uitwis.

“Dis vir my ongemaklik,” sê Knoesen maar las by, “dis ’n opdrag van God”.

In van die grepe praat hy ook oor sy ontmoeting met engele, een maal in sy slaap en ’n ander keer by die braaiplek in sy tuin.

Hy het glo bykans twee uur lank “fees gevier” met die engel in sy slaap in 1993 terwyl sy eksvrou, Hester, tyd gehou het deur te staar na die horlosie op die bedkassie.

Die besoek was ’n jaar voor die eerste demokratiese verkiesings in die land.

Toe die hof om 11:00 vlugtig verdaag, het Knoesen op pad selle toe vir www.mobserver.co.za gesê “dis vernederend!”.

Hofverrigtinge is kort na 11:00 hervat maar om 13:00 weer weens beurkrag uitgestel na Maandag.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button