News

Vyf voertuie betrokke in botsing in Oranjestraat

Botsing op 'n botsing vind plaas in Oranjestraat met vyf voertuie.

Vanmiddag om en by vyf uur was daar vyf voertuie betrokke in ‘n botsing in Oranjestraat by die Vergeet-my-nie-behuisingsprojek.

‘n Man het op pad van Midwater Spar se rigting, met sy Kia Sportage, in die buite baan gery en ‘n u-draai probeer maak. ‘n Volkswagen Transporter het die Kia daarna op die bestuurderskant gestamp.

Die Transporter het deur Vergeet-My-Nie se heining gebars.

Suster Velnice Mostert het by die ongelukstoneel gestop en probeer om die man uit die Sportage te help terwyl die insleepdienste daar opgedaag het.

Die insleepvoertuig is teen suster Mostert se voertuig vasgeslinger wat weer die Sportage getref het.

Die insleepvoertuig het toe suster Mostert se Ford Fiesta getref, wat toe weer die man se sportage getref het.

Beide die bestuurders van die Transporter en die Sportage het beserings opgedoen.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Hermie Pienaar

I am a young journalist who recently started working at the Middelburg Observer. My field of focus at Mobserver currently covers mostly sport activities. I have a very big passion for photography, music and online games. At this moment I am almost done with my first year in the studies of Theology.
Back to top button