News

Duisende liter water gemors

Ons kan maar water mors want daar is mos genoeg!

Dit is nou as mens kyk hoe loop water in ons strate af. Vanaf Vrydag 12:30 het die geel waterkraan by die T-aansluiting van Loerie- en Seringstraat geloop. Leoni van Niekerk het dit aangemeld en sê dit het later stil geword. Sy het aangeneem die kraan is toe.

Sy het die volgende oggend gesien dat die waterkraan nooit toegemaak is nie en reg deur die nag duisende liter water gemors het.

Volgens Leoni is die werkers al vier weke besig om pype te vervang in Seringstraat.

“Ek weet nie eers hoeveel kiloliter water hier vermors is nie.”

Die munisipaliteit het eers om 11:00 Saterdagoggend opgedaag, om die kraan toe te maak.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Hermie Pienaar

I am a young journalist who recently started working at the Middelburg Observer. My field of focus at Mobserver currently covers mostly sport activities. I have a very big passion for photography, music and online games. At this moment I am almost done with my first year in the studies of Theology.
Back to top button