News

Dorp skud sy vere reg vir groot stryd

Die stryd tussen Rooi en Groen, voorheen bekend as die Classic Clashes, is terug en die dorp skud sy vere reg vir die groot dag!

Weens Covid-19 het die grootste sportbyeenkoms van die jaar, die derby tussen die HTS Middelburg en Hoërskool Middelburg, ook gesneuwel.
Nou is dit terug en almal kan op 14 Mei weer hul gunsteling spanne op Hoërskool Middelburg se velde ondersteun.

Vanjaar se derby ruk ons dorp se strate weer tot stilstand met interessante aktiwiteite soos: beide skole se optogte deur die dorp, geesvang met verskillende temas, die Ryder Cup gholf, ’n vlooimark en wynproe.

Oud-HTS-speler, Michael Basson, sê hy kan nie wag vir die groot stryd nie.

Freek Romijn, oud-Hoërskool Middelburg speler kan onthou hoe die geesvang was in 1996.

Die hokkiespanne pak mekaar op 11 Mei vanaf 14:00.

Op 12 Mei is die Ryder Cup waar oudleerlinge in spanne gholf speel.
Die Rooi en Groen se groot optog is op 13 Mei.

• Parkering vir ondersteuners is by MHS se krieketvelde en die munisipale geboue.
Toegang is R50 per persoon.

• HTS het op 4 Mei hulle Prima Nostra-seremonie waar hulle spanne aangekondig word en Middies se spanne sal op 6 Mei aangekondig word.

• Op die aand van die 14de gaan daar ’n fees wees met stalletjies en kunstenaars.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Hermie Pienaar

I am a young journalist who recently started working at the Middelburg Observer. My field of focus at Mobserver currently covers mostly sport activities. I have a very big passion for photography, music and online games. At this moment I am almost done with my first year in the studies of Theology.
Back to top button