News

Lighuis Gemeente maak hul harte oop vir Kwazulu-Natal slagoffers

As jou hart jou lei, volg dit na ’n beter plek!

Dr. Tinus van der Merwe (Lighuis Gemeente) sê hy het in sy hart beleef “die Here praat met hom oor die Kwazulu-Natal ramp” waar meer as 400 lewens geëis is deur die vloede.

Hy en die Lighuis Gemeente het dadelik begin om kos bymekaar te maak.

Soos wat die kos begin inkom het, het die gemeenskap ook groot bydraes begin maak. Dit het nie net by kos gebly nie en mense het selfs water gekoop en daar kom afgee.

Die gemeenskap het wéér saamgestaan en daar is uit die gemeente en die res van ons dorp reeds meer as 10 ton meel bymekaar gemaak.

Dr. Van der Merwe sê hulle benodig nou net vragmotors om te help met die vervoer van die produkte.
Die plan is om dit komende Sondag uit te stuur na die verskillende gemeentes, waarvandaan dit dan versprei sal word.

• Dr. Van der Merwe is baie dankbaar vir die gemeenskap se bereidwilligheid en vrygewendheid om te help met hierdie projek.

• Daar is ’n aanvraag na rys en pasta ook en mense wat nog skenkings wil maak, kan dit by die Lighuis gemeente gaan afgee.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Hermie Pienaar

I am a young journalist who recently started working at the Middelburg Observer. My field of focus at Mobserver currently covers mostly sport activities. I have a very big passion for photography, music and online games. At this moment I am almost done with my first year in the studies of Theology.
Back to top button