News

Gatvol inwoners herstel self paaie

“Eindelaaste gaan dit maar oor trots, trots oor ons eiendomme en ons gemeenskap.”

Inwoners het ingespring om self slaggate te vul.

• Woensdag het die boere van die Stoffberg Boerevereniging, en hul plaashande, op die R555 tussen Laersdrift en Roossenekal toegesak om die provinsiale pad “bloot rybaar te maak”.

Werner Jacobs was een van talle boere wat gate, van hulle tot ’n halfmeter diep, met sand op te vul.

Mnr. Jacobs sê dat die pad in so onbegaanbare toestand is, dat hulle net sowat een kilometer stuk pad gister kon klaarmaak.

Naas die arbeiders wat vergoed moes word, is daar ook diesel uit die boere se sakke aangekoop.

Mnr. Jacobs sê hy kan nie onthou wanneer laas hy die provinsiale paaiedepartement in die area opgemerk het nie.

“En as hulle kon, vul hulle ook maar net die gate met sand op,” sê hy.

Mnr. Jacobs sê dis vir boere van die omgewing feitlik onmoontlik om graanvragte koöperasies toe te ry.

Naas hul opbrengste, het die boere ook kinders wat daagliks per bus skool toe aangery moet word.

“Dit is baie gevaarlik en ons kan eenvoudig nie sit en wag vir die regering om sy werk te doen nie”.

• Vandag was inwoners van die Edelrood meenthuiskompeks ook met die kraai van ’n haan in Buitekantstraat besig om tientalle slaggate in die doodloopstraat op te vul.

Volgens mnr. Floors Botha het hulle self inisiatief geneem omdat die munisipaliteit inwoners faal.

“Ons is maar gatvol,” skerts mnr. Botha.

Hy sê inwoners het genoeg skade aan hul bande en voertuie opgedoen, weens die toestand van die pad.

“Dis baie onooglik, ons werk hard om ons eiendomme netjies te hou, net om ontsier te word deur die pad,” sê mnr. Botha.

Hyself is al deur kuiergaste gekonfronteer oor die toestand van die dorp se paaie.

“Hulle kan nie glo die dorp het so agteruit gegaan nie!”.

“Eindelaaste gaan dit maar oor trots, trots oor ons eiendomme en ons gemeenskap.”

Daar is ongeveer R1600 op die herstelwerk spandeer.

“R1200 vir 10 sakke teer, R300 vir die huur van die kompakteerder by Talisman en geld vir brandstof vir die kompakteerder”.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button