Al was een of twee op die krukkelys, was dit vir Attie Britz ’n droom wat waar geword het toe hy al die oorlewende spelers wat saam met hom in die eerstespan was, kon opspoor.
Die 1972/'73 eerste rugbyspan skree hul rugbykreet van ouds. Laffie Human, Kas van den Berg, Wilhelm Lategan, Kiewiet Steyn, Bombie Saaiman (met bal), Spikkels van Vuuren, Louis Wolfaardt, Johnny le Roux, Hannie Steyn, Johan Landman, Mejag van Rensburg, Attie Britz en Nick Brummer. FOTO: AT Our Studio.
Die naweek het die span saam met die res van Hoërskool Ermelo se 1972 matriekklas ’n reuse reünie gehou.
Hoërskool Ermelo se matriekklas van 1972. Die destydse hoofseun en -dogter, Louis Wolfaardt en Ingrid Brink (nou Eastman) het ook die reünie bygewoon. FOTO: AT Our Studio.
• Die skool het hulle deel gemaak van hul sportdag en die oudspelers het deur ’n erewag op die veld geloop.
• Al die oudleerlinge en rugbyspelers het ondersteunershempies gedra tydens die reünie.
Die oudspelers en -leerlinge tydens die reünie op die pawiljoen afgeneem. Attie sit derde van links agter. FOTO: AT Our Studio.
• Om deel van die sportdag te wees, het die 1972 rugbyspan ook vir hulle rugbytruie laat maak.
“Jare gelede is daar by die destydse hoof, mnr. ABK van Zijl gepleit dat hulle nooit die eerstespan rugbytruie moet verander nie. En Saterdag het ons en die huidige eerste span trots dieselfde truie gedra.”
• Attie het uitgedos in sy rugbyklere vir www.mobserver.co.za kom wys hoe trots hy nog is om ’n oud rugbyspeler van Hoërskool Ermelo te wees.
Attie in die rugbytrui wat gemaak is vir die reünie.
• ’n Berig verskyn ook in die Vrydag uitgawe van die Middelburg Observer.
Attie wys een van die ondersteuners kepsies wat sy seun, Riaan, laat maak het vir die oudspelers.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express.
In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career.
As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.