News

Mense wat seekoeie wil skiet

Die twee seekoeie wat vir ’n paar dae nêrens te sien was nie, is weer terug in die dam op die Verenapad.

Mnr. Piet Wassenaar (eienaar, Presidio sekuriteitsfirma in eMalahleni) sê mense het vanmiddag laat weet dat hulle weer in die dam is, waar hulle twee weke gelede op die vakansiedag (Vryheidsdag) gesien is.

Hy was reeds daar en het mense in die omgewing gewaarsku.

“Daar bly mense baie naby aan die dam op die oewer en ons het gerugte gehoor dat daar mense is wat hulle wil skiet.”

Lees ook: Seekoei naby Blinkwater Meule gesien

Mnr. Wassenaar het ook vir mnr. Ertjies Röhm (Wildbestuur, Mpumalanga Toerisme en Parke Agentskap) en mnr. Johannes Lekoto (MTPA, Middelburg kantoor) laat weet.

“Ons sal vinnig aan ’n oplossing moet dink om die seekoeie se veiligheid te verseker,” sê mnr. Wassenaar.

• ’n Vrou het Vrydagoggend ’n seekoei gesien op die Blinkwater Meule plaas.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button