News

Wie gaan eerste Derby Beker wen?

Wie gaan die eerste Derby Beker wen wat vandag by die Middelburg Buiteklub beslis word? Gaan dit HTS Middelburg en Jacques du Plessis se span wees of Tommy Strydom en sy Hoërskool Middelburg 36-tal.

Daar was vanoggend groot afwagting en beide spanne was alias Ryderbeker-drama reg vir die groot stryd.

Middies het ’n paar swaargewigte ingespan, waaronder Johan Strydom, Evert Buurman en Daniel Gerrits.
Die man van Spar, Firmino Patricio, gaan vir die Groenspan in aksie wees.

Registrasie vind tans plaas en die afslaan van die spanne, twee aan ’n kant, vind om 8:15 plaas. Vanmiddag sal Du Plessis en Strydom mooi moet dink wie hulle kies, want dan vind die enkelspelle plaas. Elke span se 18 beste spelers sal in aksie wees. Die Beker kan dan bepaal word.

Wie gaan die eerste Derby Beker wen?

www.mobserver.co.za sal lesers gedurende die dag op hoogte hou hoe vorder die wedstryde.

Middies:

Johan Strydom, Nel van Wyk, Andre Brits, Werner Ebersohn, Daniel Gerrits, Firmino Patricio, Evert Buurman, Charl Dunhauzer, Jaco Raulstone, Larius van der Walt, Jaap Beyers, Tertius Harmse, Jean du Plessis, Willem van Rooyen, Riaan van Zyl, Leon Prinsloo, Attie van Wyk, Rocco Coetzee, Rian Boshoff, Johan Ebersohn, Jurg van Vuuren, Willie Jonker,
Nicky van Wyk, Martin Jones, Joggie Vermooten, David Schlebuch, Tommy Strydom, Neels Liddle, Stanley Speek Jones, Tyron Jacobs, Fanus Janse van Rensburg, Adriaan Snyman, Pieter Botha, Jacques Else, Conrad Viljoen en Hennie Venter.
Die span se bestuur bestaan uit Shaun Neethling en Tommy Strydom.

Daar is ook twee beste vriende van die skool wat vir Middies speel. Rian Boshoff en Joggie Vermooten sal ’n gedugte paar wees om te klop.

HTS Middelburg:

Die Rooies het twee professionele spelers inkatrol vir sy span. Quintin Wilsnach en Peetie van der Merwe is albei oudleerlinge van die skool wat professionele gholf speel.

Quintin Wilsnach, Xavier Visser, Erasmus Heyns, Nico Uys, Kobus Minnie, Coert de Lange, Anton Human, Brandon Krause, Frans Apie van Zyl, Kallie Benade, Edmund Muller, Nicola Schoeman, Neels Schoeman, Tihan du Preez, Ignat Dreyer, Ben Heyns, Hannes Beeslaar, Ian Strydom, Heinrich Venter, Petie van der Merwe, Reuben Dickason, Eduan Naude, Francois Jacobs, Louis la Grange, Nicky du Plooy, Hercu Nel, Bosman Grobler, Dylan Dean Delport, Skonnie de Beer, Lafras Moolman, Zander Minnie, Andre Swanepoel, Lourens Kritzinger, Charles Botha, Jacques du Plessis en Nardus van den Berg.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button