News

Inbreker vandaliseer skool en steel kinderspeelgoed

’n Inbreker het nie net klasse oopgebreek en artikels gesteel nie, maar ook groot gedeeltes van die Middelburg CVO Skool gevandaliseer.

Me. Madie Gomes Adao (hoof) sê die booswig het tydens ’n kragonderbreking ingebreek. “Ons het nie batterye vir ons kamerastelsel nie.”

Die palissadeheining is onder oopgebreek, om toegang tot die perseel te kry.
Daarna is klasse se slotte oopgebreek.

By die Graad R-klas is die grootste skade aangerig. Al die DVD’s met musiek en kinderstories daarop, asook die DVD-speler, is gesteel.

Die gordyne is afgeruk, waarna die inbreker na alle waarskynlikheid ál die opvoedkundige speelgoed van die kleuters daarin toegemaak het, want die gordyne is skoonveld.

Die dief het die palissade heining oopgebuig om toegang tot die skoolperseel te kry.

’n Ander klas se diefwering is van buite af uitgehaal ’n hoëtroustel gesteel.

In die saal het die boef probeer om die gordyne van die reling af te ruk en die reling is gebuig. Die gordyne is gelukkig nie gesteel nie.
Me. Gomes Adao sê om alles te vervang en reg te maak, gaan duisende rande beloop.

• Persone wat dalk opvoedkundige speelgoed, DVD’s of ander artikels vir die Graad R klas wil skenk, of wil help met herstelwerk kan me. Gomes Adao bel by 082 806 6248.

• Die skool bedank die persoon wat reeds vir die skool ’n DVD-spelers geskenk het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button