News

Wielstelers is terug en sit plundertog voort

Die wielstelers wat al derduisende rande se voertuig- en sleepwawiele deur die jare in Middelburg gesteel het, is terug!

Gister in die vroeë oggendure is mnr. Alewyn Myburgh se Hilux werksbakkie se wiele ter waarde van meer as R30 000 in Steve Bikostraat (Dennesig) gesteel.

Die booswigte het die hek van die spoor afgehaal, daarna die sensorlig weggedraai en plaveiselbakstene uitgehaal.
Hulle het die wiele afgehaal en die bakkie staan gemaak op die plaveiselstene.

Lees ook: R90 000 se wiele by een huis gesteel

• In Februarie 2021 is ses Mosambiekers s in eMalahleni vasgetrek, wat positief verbind is met die steel van voertuig- en sleepwawiele.

Die arrestasie het gevolg nadat eers ’n voormalige bevelvoerder van die Valke, oud-kol. Faan Steenkamp, se gesteelde boskaravaan en later die sleepwa van Dennesig inwoner, Wiley Harrington (jnr), oor teruggevind is.

Die boewe het plaveiselstene op die perseel uitgehaal om die bakkie daarop staan te maak, nadat hulle die wiele gesteel het.

Oud-kol. Steenkamp se Conqueror Commander Platinum Boskaravaan is by sy huis in Kanonkop gesteel.

Hy het die saak by die polisie aangemeld en sy kollegas by die Valke het die karavaan dwarsdeur die land op hul stelsels gesirkuleer.

Die misdaadvoorkomingseenheid van die Witbank Polisie het daarvan gehoor en met behulp van beriggewers, is hulle gelei na ‘n huis by Old Coronation buite eMalahleni.

Lees ook: Wieldiewe vlug toe eienaar wakker word

Kol. Steenkamp se boskaravaan is by die huis gevind en vier Mosambiekse burgers is gearresteer.

Buiten die boskaravaan, het hulle ook kamptoerusting in die huis gekry en sowat 11 wiele (17 en 18 duim).

‘n Sleepwa sonder wiele het op die perseel gestaan, maar daar kon nie ’n vinnommer gekry word nie en hulle moes dit daar laat.
Daar is ook beslag gelê op ’n bussie wat gebruik is om die boskaravaan te sleep.

Twee dae later het die misdaadvoorkomingseenheid, ’n bakkie afgetrek met ’n sleepwa, naby die Klipfonteindam, wat op pad was na Mosambiek.
Van die insittendes het weggehardloop, maar daar is steeds twee Mosambiekers gearresteer.

Hulle het dadelik opgemerk dat dit dieselfde sleepwa was wat by die huis in Old Coronation sonder wiele gestaan het. Daar is ook beslag gelê op die voertuig.

Die sensorlig is opgeskuif tot teen die dak sodat die lig nie kon aangaan nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button