News

Vermeede koperdief dra lae en lae klere

’n Man wat met ’n sak vol koperpype in Kanonkop betrap is, het lae en lae klere aangehad, wat hy maklik kon afstroop, sou hy vlug.

Ruan Coetzee (reaksielid, Mid Alarms) vertel dat hy Woensdag omstreeks 05:00 reageer het op ’n alarm in Magnoliastraat.

Nadat hy gaan kyk het wat aan die gang is in Magnoliastraat, het hy afgery in Essenhoutstraat en ’n man gesien wat met ’n rugsak afloop in die straat.
Hy het by hom gestop en gevra waarheen hy op pad is.

Die man het vir hom gesê hy is op pad werk toe in Eastdene.

Die koperpype, inbreektoerusting en handskoene wat Woensdagoggend by ’n verdagte gekry is.

Ruan het gesien die man het verskillende lae klere aan en dit opsigself het vir hom baie verdag voorgekom.

Hy het die sak by die man gevat en dit deursoek, waarop hy gesien het dat die hele sak vol koperpype was. Boonop was daar ook handskoene en inbreektoerusting in die sak.

Ruan verduidelik dat baie diewe lae klere dra, wat hulle dan vinnig afstroop, sou hulle weghardloop.

• Hy het die verdagte na die polisiestasie geneem, waar ’n klagte van besit van vermoedelik gesteelde eiendom en besit van inbreektoerusting geopen is.

• Die man mag nie op hierdie stadium geïdentifiseer word nie, omdat dit nie duidelik is of hy al in die hof verskyn het nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button