News

Daar is hoop dat seekoeibaba nog leef

Is daar ’n kans dat die seekoeibaba dalk nog leef?

Mnr. Piet Wassenaar (Presidio sekuriteitsfirma in eMalahleni) sê daar word bespiegel dat die seekoeibaba nog leef, nadat iemand laat weet het dat hulle klein spoortjies van ’n seekoei gesien het.

Hyself het dit egter nog nie gesien nie.

Die drie seekoeie wat onlangs op Middelburg was, is later op ’n plaas duskant eMalahleni in ’n plaasdam gekry.

Terwyl mnr. Wassenaar daar was, het hy net die twee groot seekoeie in die dam gesien. “As hy daar was, moes hy tog ook opgekom het vir lug in die water, maar hy was glad nie daar nie. Tensy hulle die kleintjie tussen die riete weggesteek het.”

Nadat die seekoeie ook daar verdwyn het, is hulle later in ’n ander plaasdam op die Verenapad gesien. Hulle was ’n paar dae weg, maar het weer teruggekeer soontoe en mense in die omgewing het gekla oor hul veiligheid langs die oewer. Sommiges het selfs gedreig dat hulle die seekoeie gaan skiet.

Mnr. Wassenaar sê dat die seekoeie Saterdag nog in dié dam was. ’n Persoon wat in die omgewing bly, het vir hom laat weet dat hulle groot- en klein seekoeispore gekry het.

Hy is van plan om self soontoe te gaan om dit te bevestig.

• Die oomblik toe die seekoeibul en -koei alleen in die ander damme gesien is, is aangeneem dat hy in die vloedwater meegesleur is in óf die Klein Olifantsrivier met die Middelburgdam se sluise oop óf die Olifantsrivier met die Witbankdam se sluise oop.

• ’n Vrou het sowat twee weke gelede ’n seekoei in die Stoffberg omgewing gesien. Daar was nog nie weer ander mense wat die seekoeie opgemerk het nie en wonder almal van waar dié alleenloper gekom het.

•Intsssen het ’n inwoner vertel in 1966 is daar ook seekoeie naby die dorp gesien.

• As daar ander seekoeie in die Middelburg en Stoffberg omgewing opgemerk word, bel mnr. Lekoto by 082 432 2762 en as hulle dalk die seekoeibaba in die eMalahleni area sien, bel mnr. Wassenaar by 082 870 4124.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button