News

Inwoners al dae sonder krag terwyl werkers staak

Groepe munisipale stakers het vroegoggend reeds by die munisipale magasayn saamgedrom in afwagting op vandag se uitkoms van die vergadering met munisipale bestuur.

Werkers is tegemoet gekom deur die raad met ’n evaluering van salarisse en posgraderings, wat werknemers van die munisipaliteit aangedring het teen Nkomazi Munisipaliteit se personeelstruktuur gemeet moet word.

Die uitkoms van die evaluering was egter nie wat werkers verwag het nie, met verhogings veel minder as wat hulle voorsien het.
Met die eerste drie maande se terugwerkende uitbetalings op verhogings het sommige maar R80 ontvang.

Die werkers dring nou daarop aan dat die volgende ses maande se terugbetalings op salarisverhogings nou gelykop verdeel moet word tussen alle werkers.

Dit sal beteken dat die enkele werkers wat wel groter verhogings ontvang het, hulle finansiële voordele met die ander moet deel, en natuurlik is hulle nie daarvoor te vinde nie.

Middelburg staar nou ’n vierde staking sedert September verlede jaar in die gesig.

Die stakings het die dorp feitlik verwoes met reuse agterstande op dienste, terwyl kontrakteurs nou ingespan moet word vir dienslewering.

Daar is gisteraand in Mhluzi bande gebrand omdat inwoners al dae sonder elektrisiteit is en in Aerorand sit sommige inwoners al sewe dae sonder elektrisiteit.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button