News

“They cook with gasss…” seg rugby kommentator

Dit gons sedert Saterdag erger op Middelburg as toe mans se hare geknip is, deur ’n haarkapper wat net ’n paar veertjies aangehad het, om die nodigste te bedek.

Mans het destyds tot van die Vrystaat af gery vir dié rondborstige ervaring.

Nou is die gekekkel nie oor stoute vroue nie, maar oor ’n rugby kommentator.

Toeskouers het Saterdag reggeskuif vir die stromingsdiens uitsending op televisie van die derby tussen Hoërskool Middelburg en HTS Middelburg, maar in plaas van rugby, het hulle komedie gekry.

“They are cooking with gas. They are cooking with gas.”

“Electrical, electrical, electrical…”

“Epic, epic, epic…”

“Eish!”

“Find his number, to the skrumskakel…”

“Other storietjies…”

“Daar is nie plek vir ’n muis nie.”

“They are making a jam of it!”

Na so kort onderbreking was dit weer: “Electrical, electrical, electrical…”

HTS Middelburg se naam is verander in die Tactical School.

Nadat HTS Middelburg ’n yslike lang skepdoel oorgesit het en die skeidsregter gewys het dit is oor, was daar ’n laaang pouse, voordat die kommentator uiteindelik weer terug op die lug gekom het.

Sedertdien word komiese videos van die kommentaar gemaak en op die dorp rondgestuur.

Na die uitsending en die mengsel van Afrikaans en Engels het Suid-Afrika dalk ’n twaalfde amptelike taal ryker geword, Afri-engels.

Die kommentator antwoord sedert Maandag nie sy telefoon nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button