News
Kleine Amy deel skoene uit
Klein Amy Gwebu (6) het op 10 Mei, soos duisende mense regdeur die wêreld, die dag kaalvoet deurgebring om skoene vir minderbevoorregtes te gee.

Dié dag word jaarliks gehou in herinnering aan mense wat nie skoene het nie en mense word aangemoedig om kaalvoet te loop en vir ander wat nie het nie, skoene te gee.

Sy het al haar en haar ouers se ongebruikte skoene, asook klere, op die sypaadjie gesit en verbygaande haweloses kon vat wat hulle wil hê.
Amy het sommer ook nader gestaan en geselsies aangeknoop as mense van die klerasie en skoene kom haal het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
