News

Trane loop toe Knoesen broer getuig

Dit was ’n erg emosionele dag in die hooggeregshof waar hoogverraad en terrorisme beskuldigde, Harry Knoesen, se broer, Ronnie, ter verdediging van sy ouboet getuig het.

Dinge het egter glad nie goed verloop vir een van die twee broers nie, omdat Ronnie se betrokkenheid by die beplanning van terrorismedade, volksmoord en ’n staatsgreep, met verskeie WhatsApp boodskappe deur aanklaer Ansie Venter is die hof blootgelê is.

Harry, wat ’n jaar ouer as Ronnie is, het na hyself vir Ronnie ondervra het, besef dat die staat inkrimenerende bewyse teen sy broer het.

Hy het na die hof verdaag het vir ’n teebreek, gepoog om verdere ondervraging van Ronnie deur die staat te stop, met ’n emosionele pleidooi aan regter Johanna Mthimunye om hom alleenlik skuldig te bevind.

Regter Mthimunye het egter met die ondervraging voortgegaan, waarna Knoesen sy kleinboet tranerig bedank het vir sy lojaliteit.
Knoesen se hartsnare is telkemaal in die hof deur Ronnie se getuienis geroer.

Knoesen het hoorbaar gesnik toe Ronnie die geleentheid gebied is om die hof oor sy ouboet toe te spreek.

Deur trane het Ronnie heeltyd gesê hy is lief vir Harry, maar dat Harry sy lewelank ’n volslae aandagvraat was, en steeds is.

“Ek glo hy moet van sosialemedia verban word,” het hy bewoë gesê.

“Hy het talle lewens verwoes, sy ego het hom verwoes,” het Ronnie bygelas.

Verskeie van Ronnie se WhatsApp gesprekke, hoofsaaklik met vroue, wat intieme geselsies ingesluit het, is in die hof voorgelees.

In die boodskappe was dit duidelik dat hy aktief betrokke was met die propagandaveldtog van Harry Knoesen.
Ook Ronnie het in sy boodskappe gesinspeel dat die “aanvalsplan” deur God gedryf word.

Op ’n vraag oor hoe die Knoesen broers durf om God se naam met die terrorismeplante koppel, het Ronnie gesê hy bid reeds jare vir God se vergifnis.

In een van sy boodskappe, wat die staat as bewys van ’n rassistiese agenda voorgehou het, het Ronnie na “die donners met die groot neusgate” verwys.
Hierop het hy apologie aangeteken vir die verwysing, maar geskerm dat dit nie op een spesifieke ras gemik was nie.

Op die direkte vraag “hoe betrokke was jy regtig, het Ronnie toegegee dat hy die vroue op WhatsApp wou beïndruk met sy manhaftigheid, maar dat hy by geen organisering van enige terrorismedade betrokke was nie.

“Dit was net praatjies,” het Knoesen se jonger spieëlbeeld sy ouboet se woorde ge-eggo.

Knoesen het na die emosionele getuienis finaal sy saak gesluit en gesê hy gaan geen verdere getuies roep nie.
Slotbetoeë sou more gelewer word, maar Knoesen het gevra vir uitstel tot Maandag.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button