News

Diewe dra karavaan leeg

’n Bejaarde egpaar van Melroselaan, in Dennesig, is van duisende rande se toerusting besteel, nadat diewe by hulle karavaan ingebreek het.

Die egpaar, wat anoniem wil bly, weet nie wanneer of hoe die diewe by die erf ingekom het nie, en het per toeval agtergekom dat die karavaan gestroop is, toe die man iets wou gaan haal.

Die karavaan staan onder ’n afdak in hulle voorerf, en hulle perseel is deur pallisades en doringdraad omhein. Nie eers hulle alarmstelsel, wat elke aand getrou aangeskakel word met ’n ogie reg langs die karavaan, is deur die diewe geaktiveer nie.

Die eienaar wou iets uit ’n verkoelingsak gaan haal, omdat hulle moreoggend vroeg na die Kaap reis. Toe hy die seil oplig om in te gaan, het hy eers besef dat die diewe onder die seil ingeklim het om ’n venster te breek.

Die karavaan is van al sy toerusting gestroop.

“Hulle het ons kampstoele, kamptoerusting, my braaipan, my vrou se grimeerspieëltjie en selfs die spaarwiel gesteel.”

Die eienaar vertel dat ’n leë boksie vuurhoutjies agtergelaat is, en dat die hele boksie uitgebrand is om lig te maak, maar dat die diewe selfs met hulle flitse weg is.

Wat hulle stomslaan, is dat hulle as pensionarisse oor die algemeen heel dag by die huis is, en nooit van die diefstal bewus was nie.
Die eienaar skat dat die diewe R16 000 se toerusting gesteel het.

• Talle Dennesig inwoners het al hulle kommer uitgespreek oor die toenemende getal dwelmslawe en haweloses wat in die omgewing gesien word. Daar word vermoed dat die haweloses betrokke is by misdaadvoorvalle in die area.

• Die Melrose inwoner glo egter dat ’n misdaadsbende, wat moontlik karavane teiken, vir die inbraak verantwoordelik is.

• Daar word oor die algemeen baie by stoorkamers of wendyhuise ingebreek, waar tuingereedskap en hardeware gesteel word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button