Voetganger kruip bebloed in pad rond nadat trok hom tref
’n Voetganger het bebloed in die pad rondgekruip nadat ’n Hyundai H-100 trok hom in Proteastraat (Kanonkop) raakgery het.
Verbygaande motoriste het later gesien hoe die bebloede man van pyn in die pad heen en weer kruip.
Die ongeluk het omstreeks 09:30 gebeur.
’n Tipbaktrok het in Proteastraat gestop, om ’n man wat werk soek op te laai, toe die Hyundai trok die voetganger raakry.

Die drywer van die Hyundai het vir www.mobserver.co.za vertel dat daar ’n voertuig voor hom was en die voetganger tussen hom en die voertuig die pad probeer kruis het, om by die tipbaktrok uit te kom.
Die voetganger het ernstige kopbeserings en ’n enkelbesering opgedoen.
• Daar is op die toneel gesê dat daar nie ambulanse in Middelburg beskikbaar is om uit te kom na die toneel toe nie.
