News

Jong man maak seksuele voorstel by skool

’n Jong man wat voor Hoërskool Kanonkop urineer het, het later ook ’n vulgêre voorstel aan ’n vrou gemaak, wat verby gestap het.

“Ek het dit net op ons groepe in die omgewing geplaas om ouers te waarsku dat hy vieslike voorstelle aan dogters kan maak,” het die vrou, wat verkies om anoniem te bly, vanmiddag gesê.

Met die terugstap vanmiddag omstreeks 14:00 vanaf die winkelkompleks in Kanonkop vir ’n paar inkopies, het sy afgestap in Jakarandstraat en ’n man by ’n maroen Hyundai voertuig sien staan.
Langs hom het ’n Husky, wat gereeld in die omgewing rondloop, gestaan.

Sy het vir die hond gekyk en die man het gevra of dit haar hond is, waarop sy ontkennend geantwoord het.

Hy het gesê: “Kan ek vir jou iets vra!”

“Ek het ja gesê, want gedink hy wil dalk padaanwysings vra, maar hy het gesê: ‘will you masturbate for me?”

Die vrou was woedend.

“Ek het vir hom gesê ek gaan die polisie bel en wat soek hy in elk geval daar. Hy het gesê hy het gestop om te urineer. Ek was baie kwaad en gesê hy kan dit nie voor ’n skool doen nie!”

Sy het haar selfoon gegryp, ’n foto van die voertuig geneem en was besig om vir hulp te bel, toe hy in sy kar spring en wegjaag.
Die vrou sê sy skat hom tussen 23 en 24 jaar oud.

•Die kwessie is onder die aandag van die hoof, mnr. Martin Fourie, gebring.

Hy het gemeld dat daar gelukkig nie kinders vandag by die skool is nie, aangesien hulle more met eksamen begin. Daar was net personeel by die skool.

Mnr. Fourie was omgekrap toe hy van die voorval verneem. Hy het dit duidelik gestel dat hy personeel en die terreinopsigter sal aansê om op die uitkyk te wees vir die man om seker te maak hy val nie personeel, ouers of leerlinge lastig nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button