News

Inbrekers teiken nou karavane

Diewe, na alle waarskynlikheid dwelmverslaafdes, teiken deesdae karavane en rig duisende rande se skade aan, terwyl hulle gryp wat voorkom.

Mnr. Sam Weller is die tweede persoon in twee weke by wie se karavaan ingebreek is.

Net soos ’n bejaarde egpaar van Melroselaan in Dennesig, is hy nie seker wanneer daar by sy karavaan ingebreek is nie.

Mnr. Weller bly in Wag-’n-Bietjiestraat in Kanonkop en het eers agtergekom daar is ingebreek, toe hy hierdie week die dak wou sak, om nie dou in die karavaan te kry nie.

Alles is in wanorde agter gelaat.

Hy was vroeg in Meimaand laas in die karavaan.

’n Groot skok het op hom gewag toe hy die deur wou oopsluit en besef dit is nie meer gesluit nie.

“Hulle moes ’n skraal persoon deur die opening, waar die pype van die karavaan aan die kant gebêre word, laat deurklouter het, waarna hy die karavaan van binne af oopgemaak het.”

Lees ook: Diewe dra karavaan leeg

Mnr. Weller vermoed dit is dwelmverslaafdes wat ingebreek het, want daar is verskeie artikels gesteel wat hulle kan gebruik, maar ook maklik kan verkwansel.

Hy vermis blikkieskos, ’n omskakelaar (inverter), ’n ketel, karavaanbattery, ’n boks (wat lyk soos ’n ammunisieboks) waarin verskeie artikels soos verlengkabels was, ’n batterylaaier, 4×4 pomp (hulle het die leë boks gelos) slaapsakke en ’n gasbottel.

Kasdeure wat gesluit was, is oopforseer en ’n sleutel is ook in ’n kasdeur afgebreek.

Daar is ook skade aan die karavaan aangerig waar hulle ’n sleutel in ’n kasdeur afgebreek het en kaste oopgeruk het.

Dis vir hom vreemd dat hulle goed soos handradios, wat hulle gebruik as hulle hengel en met mekaar gesels en ’n skottelbraaier gelos het.
Buiten die skade wat aangerig is aan die karavaan, skat hy die waarde van alles wat gesteel is, op sowat R20 000.

“Ek sal nou nóg ’n paar duisend rand moet spandeer ook om alles reg te maak én nog meer sekuriteit op my erf aan te bring!”

•Hy wil graag die inwoners van Kanonkop en Dennesig wat karavane het, om op die uitkyk te wees vir die diewe en hul karavane op ’n plek te stop wat dit onmoontlik maak om in te breek.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button