News
Ons vat ons dammetjies terug!
Dwelmgebruikers en morsjorse sal ’n ander plek moet gaan soek, want die inwoners van Kanonkop en Dennesig is besig om die Dennesig dammetjies- en spruit terug te vat!

’n Groot groep inwoners het Saterdag opgedaag om te help met die skoonmaak-aksie, wat georganiseer is deur oud-veearts Leon Connoway en rdl. Johan Dyason.
Al is dit net die begin, lyk dit sommer al klaar stukke beter.
•Deur die loop van die dag het almal ook saam wors gebraai.
Die plan is om dit nou een keer per maand te doen en persone wat insette wil lewer of wil help met die volgende skoonmaak, kan rdl. Dyason by 083 241 3153 of dr. Connoway by 079 506 9182 bel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
