News

Munisipale tariefverhogings van 1 Julie af gehef

Die jaarlikse stygings in munisipale tariewe sal op 1 Julie in werking tree.

Die hoogste van die stygings is oudergewoonte op elektrisiteit met ’n 7.47% styging.
Dit is egter meer as 2% minder as die goedgekeurde Nersa tarief van 9.61%.

Die tekort op die begroting voor tariefverhogings is R156.6 miljoen.

Geprojekteerde tariefverhogings om die tekot aan te vul is as volg:

• ’n 4% styging in eiendomsheffings
• ’n 4.8% styging op riool
• ’n 4.8% styging op vullisverwydering
• ’n 4.8% styging in watertariewe.

Eiendomsheffings wat 4% styg, kan hoofsaaklik toegeskryf word aan toenemende onderhoud van munisipale bates, rente op lenings en fooie vir voorafbetaalde krag-verkopers.

Die totale bestedingsbegroting beloop R2.8 miljard, waarvan R644 miljoen op kapitaalprojekte en R2.2 miljard vir operasionele kostes geoormerk is.
Die begroting is tydens Dinsdag se raadsitting goedgekeur.

Die hoof inkomste bronne is:

• R460.5 miljoen – eiendomsheffings
• R866.5 miljoen – elektrisiteit
• R97.3 miljoen – vullisverwydering
• R86.4 miljoen – riool
• R128.4 miljoen – water

Die hoof kapitaalbeleggings is:

• R96.9 miljoen – elektisiteit
• R351.4 miljoen – water
• R45.8 miljoen – riool
• R14.8 miljoen – stormwater
• R66.2 miljoen – paaie
• R43.5 miljoen – administrasie
• R23.2 miljoen – gemeenskapsveiligheid
• R1.4 miljoen – ander dienste.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button