Meld vergiftigings by DBV en polisie aan
Die Middelburg Dierebeskermingsvereniging vra dat alle vergiftigings by hulle aangemeld moet word, sodat hulle rekord daarvan kan hou.
Senior inspekteur Petro Oberholzer (bestuurder, Middelburg DBV) het verlede week die WhatsApp boodskap gekry dat daar honde in Eland- en Springbokstraat vergiftig is.
Dit is egter nie by hulle aangemeld nie en sy weet nie wie se honde dit was en watter honde vergiftig is nie.
Lees ook: Boewe gebruik nie net Temik-gif maar glasstukke om honde dood te maak
Sy vra dat vergiftigings by hulle aangemeld word vir rekorddoeleindes. Sy het ook voorgestel dat dit by die polisie aangemeld word, aangesien daar gewoonlik na vergiftigings inbrake of diefstalle van motorfietse en karwiele volg.
•Mense wie se honde vergiftig word, kan die karkasse in twee swartsakke toedraai en na die DBV neem, wat dan vir ’n donasie, sal reël dat die diere veras word.
•Daar is deur die jare al honderde honde op Middelburg vergiftig. In bykans al die gevalle is die vinnig werkende Temik korrelgif (‘Two Step’) gebruik.
Lees ook: Vier gifstrooiers wat Dennesig honde vergiftig op CCTV vasgelê
Riemtelegramme het die afgelope week die rondte gedoen dat daar in ’n erf vleis opgetel is waarop ’n wit poeieragtige middel op was, wat moontlik gif kon wees. Dit is egter nog nie bevestig nie.
•Vroeg hierdie jaar het ’n hond hom inwendig doodgebloei, voordat hy gered kon word en het alles gedui daarop dat die hond moontlik vleis of maalvleis ingekry het met glasstukke daarin.
•Persone wie se honde in die afgelope twee weke vergiftig is (wat gevrek het of deurgehaal is) kan Daleen Naudé bel by 013 243 1434.
Lees ook:
Honde vergiftig, vierwiel gesteel in Dennesig
Video: So lyk die mans wat honde vergiftig
Honde vergiftig vir motorfiets
