News

Twee mans probeer meisie ontvoer -ooggetuie vertel

’n Derde ooggetuie het navore gekom om te vertel hoe ’n meisie gister in Springbokstraat deur twee mans gegryp is.

Die voorval het gistermiddag om 16:00 plaasgevind, toe die meisie na skool huistoe geloop het.
Lourien Kraucamp is die derde ooggetuie wat navore gekom het.

Lourien vertel dat sy by Springbokstraat op gery het na Wag-’n-bietjiestraat, toe sy die leerder sien stap. Die donkerblou BMW met twee mans, het langs haar gestop. Een het uitgeklim en probeer om die meisie na die voertuig te sleep.

Lourien vermoed dat sy die bestuurder van die BMW afgeskrik het, want hy het ’n u-draai gemaak en by die eerste straat regs opgery. Die ander man het die meisie agterna gesit toe sy oor die Stoffbergpad probeer vlug.

Lourien het die BMW gevolg soos hy deur Kanonkop probeer wegkom. Hy het in Wag-’n-bietjie afgejaag en weer in Springbokstraat regs gedraai, waar hy sy makker opgelaai het. Hulle het opgery met die grondpad wat na Rondebosch plotte toe lei om na die meisie te soek.

Lourien sê dat die mans ooglopend na die meisie gesoek het, selfs nadat sy weggekom het.

Teen die tyd wat Lourien terug gery het tot in Springbokstraat, was die meisie nêrens te sien nie, “Ek het na haar gesoek omdat ek vir haar wou sê om by my in te klim, vir haar eie veiligheid.”

Lourien het die volgende beskrywing van die twee mans en hulle voertuig gegee:

• Die voertuig was ’n metaalagtige donkerblou BMW 325 of 320 reeks sonder nommerplate.

• Die bestuurder het ’n wit breërand hoedjie aangehad, met ’n donker T-hemp, moontlik donkergroen.

• Die passasier wat uitgespring het, het ’n swart broek en langmou hemp gedra.

Daar kon nie by Steelcrest of Middelburg College bevestig word of die meisie een van hulle leerders is nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button