News

Daar is twee “polisiemanne” wat mense afdreig

Daar is nog ’n swendelaar wat hom as polisieman voordoen en mense afdreig.

Privaat ondersoeker Anthony Boucher (SA Investigations, Middelburg), het geluister na ’n stemboodskap en die gesprek tussen een van die slagoffers en die swendelaar.

“Dit klink nie vir my na die persoon wat hom deur die jare voorgedoen het as kaptein John Smith nie, want al die slagoffers het gesê dat hy ’n kenmerkende bry gehad het wanneer hy ’n ‘R’ sê.”

Mnr. Boucher sê dit beteken net een ding: daar is ’n ander persoon wat hom voordoen as ’n polisiebeampte.

Die stemboodskap sê dat ‘kaptein Burger’ nie sy “reputasie op die spel gaan plaas vir hierdie saak nie.”

“Die polisieman plaas juis sy reputasie op die spel as hy vir geld vra. Dis omkopery en as hy uitgevang word, sal hy sy werk verloor!”

Hy het ’n eenvoudige oplossing as enige persoon gekontak word deur iemand wat sê hy is van die polisie.

“Jy bel net die naaste polisiestasie, gee jou besonderhede en vra of daar ’n lasbrief uit is vir jou arrestasie en of hulle na jou soek!”

•Mnr. Boucher se kliënt wat ’n saak gemaak het by die Witbank Polisiestasie oor “kaptein John Smith”, het reeds ’n SMS van die polisie ontvang, wat gesê het dat die saak gesluit is, weens ’n gebrek aan bewyse.”

Mnr. Boucher het persoonlik verskeie bewyse ingedien maar steeds het die polisie niks aan die saak gedoen nie.

•Mnr. Eugene Strydom, oud-Middelburger wat al ’n geruime tyd in die Kaap bly, is ook onlangs deur ‘kaptein John Smith’ gekontak. Hy het die kaptein in sy peetjie gestuur, toe hy vir geld vra.

Hy het na die stemboodskap en opname geluister van ‘kaptein Burger’ en sê dit klink nie na dieselfde persoon nie.

•As daar ander mense is wat ingeloop is deur enige persoon wat hom voorgedoen het as ’n polisiebeampte en vir geld gevra het, bel mnr. Boucher by 064 534 5853.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button