‘Hou vas my dop en check dié move!’
Is dit ’n geval van “houvas my dop en check die move”, is dit spoed of pure nalatigheid, wat veroorsaak dat karre deur heinings en mure jaag?
Saterdag in die vroeë oggendure het ’n bakkie afgekom in Njalastraat, die versperring op die draai naby Kanonkop Spar uit die grond gery en daarna te lande gekom teen ’n huis se palissadeheining.
Die bakkie het ’n rukkie by die heining gestaan, waarna die bestuurder weggery het.
Die huiseienaar het die volgende dag vir Rehana Pilodia (voorsitter, gemeenskapspolisiëringsforum) die CCTV videomateriaal gestuur en gevra dat dit op die GPF-groepe geplaas word om die skuldige op te spoor.
Kort nadat die video verskyn het, het die bestuurder van die bakkie die huiseienaar gaan sien, waartydens daar reëlings getref is om die skade te betaal. Daar is besluit om hom nie te vervolg nie.
•In November 2020 jaag ’n voertuig in die reën teen die skoolheining van Future Achievers Academy vas. Nadat die berigte op www.mobserver.co.za verskyn het, het die eienaar van die voertuig die skool gekontak.
https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/131438/skade-aan-skoolheining-was-kar-wat-in-reen-gly/
•In Junie 2021 rig ’n voertuig groot skade skade aan nadat dit ook deur ’n heining in Njalastraat bars in die nag.
•’n Vrou ry een nag in September 2021 deur die West End Village se muur in Wesstraat.
https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/146517/complex-wall-destroyed-by-intoxicated-driver/
•Twee weke gelede, op 2 Junie, beland ’n voertuig omstreeks 23:00 in ’n erf op die hoek van Cowen Ntuli- en Samora Machelstraat.
Die bakkie het deur die muur gebars en twee vraghouers, wat as kantore gebruik is beskadig.
Met die nooddienste se aankoms op die toneel was die bestuurder van die bakkie bewusteloos.
https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/160386/bakkie-crashes-through-wall/
