News

Sleepwa met beeste haak los, ploeg teen kar voor huis vas

Die VW is nie net van agter beskadig nie, maar het ook voor skade opgedoen nadat dit teen 'n muur om die huis vasgedruk is.

‘n Sleepwa met twee beeste het ‘n ruk gelede groot polimiek in Beyers Naudestraat veroorsaak omdat die eienaar van die beeste meen die besigheid waar hy die sleepwa gehuur het, verantwoordelik moet wees vir die skade aan ‘n Hyundai voertuig, nadat die sleepwa los gehaak en teen die voertuig wat voor ‘n woning geparkeer was, gebots het.

Die impak van die botsing met die stilstaande voertuig was so intens dat die sleepstang van die sleepwa bo op die Hyundai te lande gekom het.

Die motor is nie net van agter beskadig nie, maar het ook voor skade opgedoen nadat dit teen ‘n muur om die huis vasgedruk is.

Volgens die eienaar van die beskadigde Hyundai parkeer hulle altyd buite die huis op die sypaadjie waar die sleepwa die motor getref het.

Die eienaar van die sleepwa het op die toneel vertel dat alle veiligheidsregulasies nagegaan is voordat die huurder by sy besigheidsperseel weg is.

Die sleepwa is ook voordat hy uitverhuur is deeglik getoets.

Die huurder het voet by stuk gehou dat die sleepwa foutief is, maar die sleepwa is eindelaaste deur die eienaar op bevel van verkeer, moeiteloos van die toneel met die beeste op, weg gesleep.

Die eienaar van die sleepwa glo die beeste het meer as die 400kg kapasiteit van die sleepwa geweeg.

Die sleepwa het verder geen skade in die botsing opgedoen nie.

Die sleepwa is met behulp van Boomslang Insleepdienste van die voertuig af gehys.

Die beeste is nie in die botsing beseer nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button