News

Morkelstraat huis meer stink, as as

Dis onduidelik of 'n vonkie uit die herd, of kortsluiting, verantwoordelik was vir die vuur.

Brandbestryders is met nat wasgoed buite ‘n brandende huis in Morkelstraat begroet.

Die brand is weens vinnige optrede deur die plaaslike brandweer tot die sitkamer en kombuis van die woning beperk.

Rook het die aandag van ‘n kind buite die huis getrek.

Die brandweer is ontbied en die ergste skade kon voorkom word, behalwe die reuk wat alles binnedring.

Volgens die eienaars het hulle vantevore twee vure in die binnebraai van die huis gemaak.

Die vure was egter reeds volgens die eienaars uitgebrand, en opdrag is gegee dat as uit die herd verwyder word voordat die tiener skielik rook sien uitborrel het by die dak.

Dis onduidelik of ‘n vonkie uit die herd, of kortsluiting, verantwoordelik was vir die vuur.

Naas die reuk staar die eienaars ook nou erge waterskade in die gesig.

Die plafon in die sitkamer is ook heeltemal uitgeruk sodat elke smeulende kooltjie bygekom kon word met die brandslang.

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button