News

Hond keelaf gesny in oprit na huismoles

’n Bruin chihauhau hondjie is vanmiddag in ’n plas bloed in die oprit van ’n huis in Tierbergstraat (Aerorand) gevind na huismoles, wat klaarblyklik al gisteraand begin het.

Die hond is keelaf gesny.

Nadat die gesinsgeweld vandag baie erger geraak het en gehoor is hoe ’n vrou gil, is gesien dat die vrou wegry van die huis af.

’n Hond wat tjank het ander inwoners van Tierbergstraat vanmiddag genoop om hulp van noodgroepe in te roep.
Met van die noodgroeplede, waaronder gemeenskapspolisiëringslede se aankoms, was die hondjie reeds dood.

Die bruin hondjie, wat se keel heeltemal oopgesny is, het in ’n plas bloed in die oprit gelê
Daar is verneem dat die hondjie wat keelaf gesny is, ongeveer 12 jaar oud is.

Die polisie is ontbied en ’n man is van die toneel af verwyder.

•Ooggetuies het later gesê dat hulle gehoor het dat die polisie vir ’n vrou, wat merke op haar gehad het, op die toneel gesê het dat sy na die polisiestasie toe moet gaan, om ’n verklaring af te lê.

Die hond is reeds na die staatsveearts geneem en www.mobserver.co.za verneem dat daar verklarings afgelê is.

•Senior inspekteur Petro Oberholzer (bestuurder, Middelburg Dierebeskermingsvereniging) het bevestig dat hulle van die voorval kennis geneem het.

“Ons wag vir ’n lykskouing vanaf die staatsveearts en getuies om verklarings af te lê, voordat ons die saak verder kan voer.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button