Pretorius glo in selle aangerand
Corrie Pretorius, die man wat beskuldig word van die aanranding van ’n 16-jarige seun in die parkeerarea voor Fat Cake City in Groblersdal, is glo só erg aangerand in die selle, dat hy na Witbank oorgeplaas is.
Die aanranding het Woensdagaand plaasgevind en die Tik Tok video van die gebeure, wat kort daarna rondgestuur is, is reeds deur duisende gesien.
Pretorius het Vrydag in die Groblersdal Landdroshof verskyn en word aangekla van aanranding met die opset om ernstig te beseer en rig van ’n vuurwapen.
Www.mobserver.co.za het intussen betroubaar verneem dat Pretorius oorgeplaas is na Paxton Korrektiewe Dienste vir verhoofafwagtendes, omdat hy erg deur sy mede-beskuldigdes aangerand is.
Die hoofaanklaer op Groblersdal, adv. Billy Mudavhi, het bevestig dat Pretorius oorgeplaas is na eMalahleni “vir sy eie veiligheid”.
•Daar is ’n video wat die rondte doen op Facebook wat wys hoe Pretorius se vrou en die prokureur, wat vir Pretorius se prokureur ingestaan het, weggewys is deur die polisie toe die familie vir hom komberse wou afgee.
Die video kan gesien word by https://fb.watch/dNdEJe3lj_/.
Op die video sê mense hy verdien nie die komberse nie en as hy dit nie nou kan hanteer nie, wat gaan hy doen wanneer hy tronk toe gestuur word.
