News

Dief vlug soos vlakhaas met pit bulterriërs agterna

’n Dief het vanoggend soos ’n vlakhaas voor twee pit bulterriërs gevlug.

’n Inwoner van Rietbokstraat (wat verkies om anoniem te bly) sê sy is vanoggend omstreeks 06:30 deur haar buurvrou geskakel met die ontstellende nuus dat daar booswigte in haar erf is.

“Haar man het vroeg gaan werk en sy het kort daarna voetstappe op haar dak gehoor.”

Die vrou was vreesbevange en het lank in haar kamer gebly en gewag dat die voetstappe stil word.

Nadat sy seker was daar is nie meer beweging op die dak nie, het sy gesluip tot by haar televisiekamer se venster waar sy deur die blinders geloer het, omdat sy iets gehoor het by die muur na haar bure toe.

Die booswigte het drie rye bakstene van die muur afgebreek om dit bietjie laer te maak sodat hulle kon oorklouter.

Sy het gesien hoe die laaste booswig oor die muur klouter.

“Ons muur is baie hoog, want ons het groot honde. Die diewe het drie rye bakstene afgebreek om oor die muur te kom!”

Die vrou vertel dat hul honde al van vroeg af tekere gegaan het in die huis, maar dat sy nie dadelik ag daarop geslaan het nie, omdat die honde gereeld vir mense blaf wat in die straat verby loop.

Teen hierdie tyd was hulle egter al baie aggressief.

Die dief het dié fiets neergesmyt toe die twee pit bulterriër op hom afstorm.

“Die dief was baie oorlams. Hy het die hek oopforseer by die afdak waar die fietse gestaan het en reg om die huis geloop om by die ander hek uit te gaan.”

Die vrou het iets gehoor en vir haar eie veiligheid besluit om die honde oop te maak.
Dit is toe dat sy sien hulle jaag ’n verdagte met een van hul fietse.

Met die kwaai honde kort op sy hakke, het die dief egter die fiets neergesmyt en oor ’n muur gespring.

Die vermoede bestaan dat daar twee diewe betrokke was, aangesien die beskrywing van die verdagtes wat die twee vroue later vir mekaar gegee het, nie dieselfde was nie.

•Daar is vir www.mobserver.co.za gesê dat die inwoners van Rietbok- en Sipresweg raadop is met die oop erf op die hoeke van Protea- en Sipresweg.

“Vroeër jare was daar ’n heining om die erf en is die gras en bome in stand gehou. Nadat die heining afgesteel is, het dit die ideale wegkruipplek vir misdadigers geword. Daar is in ’n kort tyd al by drie huise ingebreek wat aangrensend en naby die erf is!”

Inwoners van Rietbok-, Sipres- en Proteastraat sê dié oop erf op die hoek van Protea- en Sipresweg het ’n wegkruipplek vir misdadigers geword vandat die heining afgesteel is.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button