News

Kar ry in trein vas en mense leef om daarvan te vertel!

Dit is nie aldag dat ’n trein en kar bots en die insittendes oorleef om van hulle noue ontkoming te vertel nie.

Alhoewel hulle bewerig was van skok, kon die insittendes van ’n Kia Sorento vertel dat hulle ’n ongeluk met ’n trein oorleef het.

Die ongeluk het gisteraand kort voor 20:00 by die treinoorgang in Mandelarylaan (naby die Zuidstraat ingang) plaasgevind.
Na wat verneem word het die voertuig oor die oorgang gery, waarna die trein dit net voor die bestuurderskant se deur getref het.

Gelukkig het die trein baie stadig gery en is die kar net van die spoor af gelig en eenkant toe gegooi.

’n Ambulans is na die toneel ontbied, maar niemand het behandeling nodig gehad nie.

•Daar is verneem dat die kar, wat net skade aan die regterkant gehad het, later die aand van die toneel af weg gery het!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button