News

Steeds geen arrestasie na messtekery op video vasgevang is

’n Duidelike registrasienommer én bewyse van CCTV videomateriaal wat wys hoe ’n man met ’n mes gesteek word, is nie genoeg om ’n arrestasie te maak nie.

Mnr. Tobie Prinsloo is op 31 Mei in die vroeë oggendure twee keer met ’n mes gesteek in Cowen Ntulistraat.

CCTV Videomateriaal het later gewys hoe die voertuig langs hom stop, ’n persoon uitspring en hom met die mes in sy skouer en arm steek vir sy selfoon.

Op die videomateriaal kan ’n mens die registrasienommer van die voertuig sien.

Die videomateriaal het presies gewys watter kar dit was wat by hom gestop het. ’n Mens sien ook hoe die passasier uitspring en mnr. Prinsloo dadelik begin aanval. Die bestuurder van die voertuig het gesit en kyk hoe die aanval plaasvind.

Mnr. Prinsloo is al twee keer deur die ondersoekbeampte in die saak gekontak.

Die eerste keer is gesê dat hy by die adres was van die persoon wie die eienaar van die voertuig is en dat daar niemand tuis is nie.

Lees ook: Man twee keer met mes gesteek vir selfoon

Maandag het hy op mnr. Prinsloo se vraag of daar enige nuwe verwikkelinge in die saak is, vir hom nee gesê, maar dat hy steeds besig is met die ondersoek.

Die videomateriaal wys duidelik hoe hy met die mes gesteek word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button