Advokaat hanteer Pretorius se borgaansoek
Die vermeende kinderaanrander, Corrie Pretorius, is wel na Paxton Korrektiewe Dienste oorgeplaas, alhoewel dit vroeër ontken is.
Daar moes vanoggend gewag word dat hy na Groblersdal vervoer word, waar hy verskyn op onder andere ’n aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer en die rig van ’n vuurwapen.
Pretorius word van die aanranding van ’n 16-jarige seun in die parkeerarea voor Fat Cake City in Groblersdal, aangekla.
Die aanranding het Woensdagaand twee weke gelede plaasgevind en ’n Tik Tok video van die gebeure, is deur duisende mense gedeel.

Www.mobserver.co.za het betroubaar verneem dat Pretorius oorgeplaas is na Paxton Korrektiewe Dienste vir verhoofafwagtendes, omdat hy deur sy mede-beskuldigdes aangerand is.
Die hoofaanklaer op Groblersdal, adv. Billy Mudavhi, het later bevestig dat Pretorius oorgeplaas is na eMalahleni “vir sy eie veiligheid”.
Sowat 250 mense neem aan protesoptogte buite die hof deel, waaronder lede van die EFF en ANC.
Pretorius word verteenwoordig deur advokaat JJ Venter van Middelburg wat sy borgaansoek sal hanteer.
