News
Toe dit reën, lewend uit motorwrakke
Drie ongelukke het gistermiddag binne ’n kort tydjie plaasgevind in en om Middelburg weens die reën en gladde paaie.
Die insittendes van die voertuie was gelukkig dat hulle nie ernstige beserings opgedoen het nie.
•Op die draai naby die Middelburg Hospitaal in Walter Sisulustraat het ’n Hilux bakkie gegly en omgeslaan.
•Net nadat die toneel opgeruim is, sowat ’n uur later, het ’n Isuzu bakkie op dieselfde plek gegly en in die sperrelings vasgery.
•Die selfde tyd was daar ’n botsing tussen ’n BMW en ’n Bantam bakkie op die ou Middelburg/Witbankpad.


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
