News
Kranspoort vir nog ure gesluit na trokongeluk en chemiese stowwe in poort
Kranspoort gaan nog vir etlike ure gesluit wees weens 'n trok wat omgeslaan, aan die brand geslaan en chemiese stowwe wat vrygestel is.

‘n Persoon het op die toneel aan sy beserings beswyk.
Daar word vermoed dat die trok sulfaat vervoer het.
Die ongeluk het kort voor 17:00 op die laaste draai in die poort gebeur, waarna die trok aan die brand geslaan en dik rookbolle en chemiese gasse die lug gevul het.

Motoriste word aangeraai om vir nog ten minste ses ure die poort te vermy terwyl opruimingswerk gedoen word. Alternatiewe roetes via Elandslaagte en Stoffberg kan gebruik word.

*Trokke en voertuie was met www.mobserver.co.za se aankoms op die toneel reeds beide kante toe opgehoop.
‘n Skerp chemiese reuk het in die lug gehang en die rookbolle was nog duidelik sigbaar.






At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
