Kranspoort nie gesluit, maar spanne maak nog skoon
Gerugte het www.mobserver.co.za bereik dat die swael wat gister in die poort beland het na 'n trok-ongeluk weer aan die brand geraak en die poort moontlik gesluit gaan word.

Dit is egter gou deur die Middelburg Brandweer geblus en is ‘n span net besig om nog op die toneel skoon te maak,
Die pad is egter oop vir verkeer.
Die ongeluk het gister kort voor 17;-00 in die laaste draai van die poort plaasgevind en die trokdrywer het op die toneel gesterf.
Daar is aanvanklik gesê dat dit swaelsuur en toe dat dit sulfaat of ander chemiese stowwe is.
‘n Betroubare bron het egter later gesê dat die gewone swael was wat vervoer is, wat self ook hoogs vlambaar is.
*Mnr. Leon Smit, wie se plaas sowat 800m vanaf die plek waar die ongeluk gebeur het, geleë is, het pas vir die joernalis gesê dat hy gisteraand die ongeluk hoor gebeur het.
“Die slag terwyl hy gerol het was so hard dat selfs ons honde begin blaf het.”
